Innsbruck – ’n Herbergier
Vra wat maak die Franse hier
Saagsels in die rivier
11 man later ons het Sterzing!
Wir stoppen Napoleon
Andreas – “van waar ek is”
Berge in as dit nodig is
Losprys op my kop
Maar Napoleon gaan my nie stop!
Wir stoppen Napoleon
En ook as die duister daal
En ook as die blou lug val
Dan weet ons dit bowenal
Vir ons grond sal ons staan en val
Für Freiheit (vir vryheid)
Ist es Zeit (dit is tyd)
Mit Einheitlichkeit! (met eenvormigheid!)
Tirool! Tirool!
Nimmer buig jou knie voor Frankryk
Tirool! Tirool!
Lank leef Andreas Hofer!
Buskruit, bloed en bataljon
Hou moed die Franse kom
Skote klap in die winterson
Buig nie jou knie voor Napoleon!
Wir stoppen Napoleon
En ook as die duister daal
En ook as die blou lug val
Dan weet ons dit bowenal
Vir ons grond sal ons staan en val
Für Freiheit (vir vryheid)
Ist es Zeit (dit is tyd)
Mit Einheitlichkeit! (met eenvormigheid!)
Tirool! Tirool!
Nimmer buig jou knie voor Frankryk
Tirool! Tirool!
Lank leef Andreas Hofer!
Zu Mantua in Banden (Na Mantua in bande)
Der treue Hofer war, (is die lojale Hofer geneem)
In Mantua zum Tode (In Mantua, na sy dood)
Führt ihn der Feinde Schar. (gelei tot in die vyand se skare)
Es blutete der Brüder Herz, (Die broers se harte het gebloei)
Ganz Deutschland, ach, (Die ganse Duitsland, helaas)
in Schmach und Schmerz (in skaamte en pyn)
Mit ihm das Land Tirol (Daarmee saam, sy land Tirool)
Mit ihm das Land Tirol (Daarmee saam, sy land Tirool)
Beveel hom om te knie
Hy sê: “Ek doen dit nie!”
Ek sal sterf soos wat ek staan hier
Ek sal sterf soos wat ek veg
En soos ons hier staan op hierdie skans
Lank leef my Keiser, Franz
Met hom, sy land Tirool
Met hom, sy land Tirool
Die kettings van sy arms
Vir oulaas afgehaal
Die herbergier bid
Net daar, sy laaste maal
Dan skree hy: “Nou tref my reg,
Skiet goed, want jul skiet sleg!”
Vaarwel my land Tirool
Vaarwel my land Tirool