GRENDELSTAAT

Masker, masker, die bedreiging kom van agter en van alle kante wat ek net nie kon voorsien
Nagte, nagte, dié weerklink nou al hoe sagter soos die kroeë nie meer kragtig met 'n dreuning drank bedien
Wagter, Wagter, blaf tog net 'n bietjie sagter want ek wed jou daardie katte is nou ook in kwarantyn
Skagte, skagte in die diepte van die walle in die huis van die malles word dit net te veel vir my

Gord en grendel opgesluit
Weerbarstig wend ons weer hieruit
(Dis net 'n hart vol haat!)
Raka braak al teen die muur
Skaakmat, val plat, hulle's hier
(Gordel jou vas, dis grendelstaat!)

Sagter, sagter want die bure’s net daar agter en hul is dalk by magte om my nou te kan hoor
Agter, agter in my donkerste gedagtes
Voel ek skielik hoe die angste meteens deur my brein wil boor
Vaster, vaster, soos 'n kleuter wat al laster
het die duister my oorweldig as verlusting gou verdwyn
Kastig, kastig vir ons eie beswil haastig loop die bloed nou in die strate wyl ons worstel met die pyn

Gord en grendel opgesluit
Weerbarstig wend ons weer hieruit
(Dis net 'n hart vol haat!)
Raka braak al teen die muur
Skaakmat, val plat, hulle's hier
(Gordel jou vas, dis grendelstaat!)

BRUG:

Vrees
Dis die vyand se wapen nogsteeds
Dreef
Op die drom waar soldate masjeer
Vuur
op die horison ruik jy die rook
Hier
waar die rewolusie jou van vryheid stroop