SKEMERSON

 

In die donker nag
Lê ons en wag
Want die nuwe dag
Bring weer nuwe krag
En word ons verslaan
Sal ons weer opstaan

Kom staan langs my ou vriend
Sodat jy dit ook kan sien
As die skemerson sink
Dan sal die konflik begin
Maar in die donker uur
Sal ons die lyding verduur
As die skemerson klim
Dan sal 'n nuwe dag begin

As jy luister
Na die fluister
Immerskreeuend
Deur die eeue
Sal jy ook verstaan
Ons sal weer opstaan

Kom staan langs my ou vriend
Sodat jy dit ook kan sien
As die skemerson sink
Dan sal die konflik begin
Maar in die donker uur
Sal ons die lyding verduur
As die skemerson klim
Dan sal 'n nuwe dag begin