WOLF WOLF HOE LAAT IS DIT

Wolf Wolf Hoe Laat Is Dit

Jy loop hier deur die woud soos ’n koningin

Om ’n mandjie vol kos vir jou ouma te bring

Jy gaan aan asof die plek aan jou behoort

Luister mooi Rooi ek is moeg vir jou soort

Wolf, Wolf, hoe laat is dit?

Wolf, Wolf, hoe laat is dit?

Wolf, Wolf, hoe laat is dit?

Wolf, Wolf, dis etenstyd!

Roep jy nog om hulp na die houtkappper

Die man met die byl wat tot jou redding snel

Roep jy nog om hulp na daai selfde seun

Ek het hom aangegee by die DBV

Wolf, Wolf, hoe laat is dit?

Wolf, Wolf, hoe laat is dit?

Wolf, Wolf, hoe laat is dit?

Wolf, Wolf, dis etenstyd!

Jy’t kans gehad om jou kos deel

Geweier om jou mandjie met my te deel

Ek kyk op my horlosie, vra wat’s die tyd

Ek sê dis tyd om my tande te slyp

Wolf, Wolf, hoe laat is dit?

Wolf, Wolf, hoe laat is dit?

Wolf, Wolf, hoe laat is dit?

Wolf, Wolf, dis etenstyd!

Jy wek my aptyt

Ek gaan my tande slyp

Vra my wat’s die tyd

Vra my wat’s die tyd

Vra my wat’s die tyd!