20 MEI 2023 Gig: Rumours Lounge – KONFLIK BEKENDSTELLING

Posted on by CharlesWolf

Soms Wen Die Wolf tree Saterdag 20 MEI 2023 op by Rumours Lounge Strydom Park.

Dit is hard, dit is duidelik, dit is Soms Wen Die Wolf lewendig met hul eerste optrede in ‘n lang tyd om die uitkoms van hul nuwe album te kroon met kreunende kitare en Afrikaanse metaal soos jy nog nooit gehoor het nie! Dit is tyd vir KONFLIK!

Waar: Rumours Lounge, Hoeke van CR Swart en Tungsten, Randburg, Suid Afrika

Toegangsfooi: R50

Posted in Gigs | Leave a comment

Gig: Rumours Lounge

Posted on by CharlesWolf

Soms Wen Die Wolf tree Saterdag 14 November 2020 op by Rumours Lounge.

Dit is hard, dit is duidelik, dit is Soms Wen Die Wolf lewendig met hul eerste optrede om die uitkoms van hul nuwe album te kroon met kreunende kitare en Afrikaanse metaal soos jy nog nooit gehoor het nie!

Waar: Rumours Lounge, Hoeke Weltervreden Straat en Valley Laan, Randburg

Posted in Gigs | Leave a comment

GRENDELSTAAT MUSIEKVIDEO IS HIER!

Posted on by CharlesWolf

Grendelstaat is die enkelsnit wat saam met Soms Wen Die Wolf se eerste album vrygestel is. Die selfgetitelde daad van protes is nou beskikbaar op alle hoofstroom- digitale platforms.

Soms Wen Die Wolf is:

James Kemp: Baskitaar en sang

Ernst Roets: Aanvalskitaar en sang

Werner Human: Loopgraafkitaar

Charles Kemp: Artillirie (tromme )

Lirieke: James Kemp en Ernst Roets

Musiek: Ernst Roets

Opgeneem by Crooked House Records, Bloemfontein

Liedjie vervaardig deur Pieter Greyling en Ernst Roets

Klankingenieur: Jean Fourie

Musiekvideo geborg deur Zebra Brouery

Musiekvideo vervaardig deur Forum Films

Regie: Pierre Malan

Vervaardiger: Mareli Theron

Kinematograaf: Philip van Zyl

Kamera: JT Ferreira

Kamera-assistent: Alden van Heerden

Redigeerder: Dawid van Graan

Grafika: Nuhan Yssel Besoek

www.somswendiewolf.com

Besoek www.zebrabrouery.co.za

Posted in Nuus, Uncategorized | Leave a comment

SOMS WEN DIE WOLF SE EERSTE MUSIEKVIDEO WORD EERSDAAGS VRYGESTEL!

Posted on by CharlesWolf

Soms Wen Die Wolf se eerste musiekvideo, Wolf Wolf Hoe Laat Is Dit word op Vrydag, 29 November 2019 uitsluitlik op Dapper Media vrygestel. Die video sal op www.dappermedia.co.za besigtig kan word. Op Sondag, 1 Desember sal Wolf Wolf Hoe Laat Is Dit ook op ander digitale platforms beskikbaar wees en sal die enkelsnit op alle hoofstroom-digitale platforms aangekoop kan word.

Posted in Nuus | Leave a comment