WIE IS DIE WOLWE

Soms Wen die Wolf (SWDW) is ’n Pretoria-gebaseerde, Afrikaanse orkes wie se musiek as “hard rock” of “swaar metaal” beskryf kan word. Die groep is in 2018 gestig en beoog om sy eerste album in 2020 vry te stel.

SWDW is grootliks deur die swaarmetaal-musiek van die 1980’s beïnvloed, maar sy musiek sluit ook meer moderne elemente en ander genres in.

Die groep bestaan uit Charles Kemp (dromme), James Kemp (baskitaar en sang), Werner Human (kitaar) en Ernst Roets (kitaar en sang).

SWDW beoog om die propaganda wat die Staat oor die dekades heen aan die volk se kinders vertel het aan die kaak te stel, onder meer met verwysing na die verhaal van Rooikappie en die Wolf. SWDW wil die waarheid van hierdie verhale onder die volk se aandag bring, soos dat Wolf nie die boosaard was nie, maar inderwaarheid die slagoffer van ’n bose propagandakomplot.

SWDW sing ook oor meer ernstige sake soos konflik, Afrikanerskap, identiteit en geskiedenisverhale.

Die lede van SWDW bedryf hierdie projek vir die passie van die saak en sal dus nie so gereeld soos baie ander rockgroepe optree nie. Juis daarom moet jy nie die geleentheid om ’n SWDW-konsert by te woon mis nie!

SWDW wil hom van ander Afrikaanse rockgroepe onderskei in die sin dat SWDW daarna om saalsuiwerheid in sy kommunikasie te handhaaf.