ZOMBIEPLAAG SKEMERTYD

OP KOFFIEFONTEIN

Dit word skemer op Koffiefontein
Buiten die lig wat by die skagte skyn
Ek sien tant Siena waggel in die straat af
Toe byt sy die dominee se kop af

Ek sien die posman aan die burgemeester kou
Ek sien oom Kosie vat ’n happie van sy vrou
Hy kyk vir my en ek wonder wat nou
Sy oë sê volgende kom ek vir jou

Ek weet dis nou dat ek my gat gaan sien
Ek voel in my sakke wat as beskerming kan dien
Ek het ’n flits, ek het ’n mes ek het ’n nine-mil
Hy lyk honger, toe voer ek hom ’n loodpil
Skiet hom in die kop!

Lyk my die virus het almal gevat
Van die rykes tot die man op die straat
Ek het amper nog ’n zombie weggeblaas
Maar toe sien ek dis ’n staatsamptenaar

Skote klap hier op Koffiefontein
Soos die zombies om die hoeke verskyn
My ou skoolhoof kom nader met sy bril
Hy lyk honger, toe voer ek hom ’n loodpil
Skiet hom met die kop!

Eks op die punt om die stryd te verloor
My magasyn het nou niks meer oor
Ou Jurie kom aangestap
Reg om ’n stuk uit my rugstring te hap
Ek slaan sy skedel in met my krieketkolf
En terwyl hy lê en vrek skree ek Soms Wen Die Wolf!